POLITICS

Elsenburg a ticking time bomb - AfriForum Youth

Henk Maree says EFF rioters locked classroom doors and racially abused students

Elsenburg a ticking time bomb; classes suspended after riot

31 August 2015

All classes at the Elsenburg Agricultural College have been suspended until further notice after students yet again disrupted classes. EFF members arrived in mini busses and deprived students of their right to education along with a group of students studying at the college. 

The rioters locked classroom doors with chains and locks, allegedly spat in the faces of other students and cursed at them. “You f****ng white b*tch, what are you doing here?” were amongst these utterances. Some of the rioters were armed with whips.

“It is clear that today’s riot did not focus on language issues, but rather on provoking a racial incident. Harsh and fair action must now be taken by Management,” said Henk Maree, National Chairman of AfriForum Youth.

AfriForum Youth is assisting some of its members in obtaining an urgent court interdict to force management to call in police reinforcements to implement law and order to ensure the safety of students.

“The safety of students and access to education are the most important priorities and we will do everything in our power to enforce this and see that students’ rights are protected,” Maree said.

Despondent students and parents sent a letter to Helen Zille, Premier of The Western Cape, in which they express their dissatisfaction.

See letter to Zille below (Afrikaans).

 31 Augustus 2015

Aan die Premier (Mev Helen Zille)

Wes-Kaap Regering

Geagte mevrou

ONTWRIGTING VAN KLASSE EN INTIMIDASIE VAN STUDENTE : ELSENBURG LANDBOU KOLLEGE – STELLENBOSCH

1. Vanoggend om 07:00 het ‘n groep van ongeveer 25 tot 30 persone wat studente aan hierdie instelling is en wat hulself as lede of ondersteuners van die Economic Freedom Fighters (EFF), voorgedoen het met ontwrigtende aksies op die kampus begin.

2. Aksies wat deur hierdie groep gevoer is, en steeds aan die orde is, sluit onder andere die volgende in:

2.1 Die eetsaal is afgesluit deur die toegansdeure toe te maak en die kos is na die kombuis teruggedra. Studente is daardeur verhinder om te eet;

2.2 Alhoewel studente wat binne was en wou uitgaan, toegelaat is om dit te doen, is die binnekoms van enige studente geweier;

2.3 Die slotte aan die deure van lesinglokale is geknip en met ander vervang en so is toegang tot lesinglokale verhinder;

2.4 Dosente wat by lesinglokale opgedaag het is verjaag;

2.5 Rassistiese slagspreuke is en word deur die groep geskree; en

2.6 ‘n Intimiderende optrede is deurentyd aanwesig, wat ook ‘n algmene gees van intimidasie lewendig hou.

3. Hierdie optrede is in elke wesenlike opsig ‘n aantasting van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Verdere, die handelinge van hierdie groep studente sal nie net binne die strafreg tuisgebring kan word as kriminele optrede nie, maar maak ook ‘n verbreking van die dissiplinêre reëls van Elsenburg as instelling uit.

4. Dit is nie eerste optrede van hierdie aard nie. Gemagtigde studente aan Elsenburg, wat oor die kleurgrens heen strek, en wat die verre meerderheid van die studente uitmaak, het reeds voorheen, deur hulle verteeenwoordigers, met die bestuur van Elsenburg hieroor in gesprek getree. Hulle bede was vir ingryping, wat beskerming, voorkoming en dissiplinêre optrede ingesluit het.

4.1 ‘n Ooreenkoms is bereik en wel op die gronde dat daar nie uit die vorige voorvalle dissiplinêre optrede sal voortspruit nie, aangesien daar ‘n ‘onafhanklike fasiliteerder’, aangestel is en die omstandighede tans ‘sensitief’ is.

5. Wat die moontlike politieke verbintenis, indien enige, en insgelyks motivering van ‘n klein groep studente kan wees vir ‘n aandrang op ‘n totale aanbod van Engels as onderrigtaal, terwyl meer as 70% van die studente Afrikaanstalig is, is onbekend. Bestuur het ongelukkig op ‘n vroeë stadium in die hantering van die eis om Engels as enigste onderrigtaal in te stel fouteer deur eensydig daaraan toe te gee. Na beswaar van die meerderheid studente is die status quo herstel en die pad van behoorlike ondersoek en oorweging is ingestel. Waarmee hulle tevrede was. Na die beste van kennis is dit tans die situasie of minstens veronderstel om te wees.

6. Die onregmatige, en in bepaalde opsigte, onwettige optrede van hierdie groepie studente het onder andere die volgende uitwerking wat gegronde rede vir ersntige beswaar en ongelukkigheid skep:

6.1 Die reg van studente om te studeer;

6.2 Om vrylik aan assosiasie op kampus deel te neem;

6.3 Om die noodsaak en genietinge van voedsel te hê;

6.4 Om nie aan rassisme blootgestel te word nie;

6.5 Om nie aan intimidasie blootgestel te word nie;

6.6 Om nie in vrees te wees vir die potensiaal van geweld nie; en

6.7 Om vryheid van beweging te mag hê in gebiede waar studente vrylik mag beweeg .

7. Gegewe die hoë koste van studie, die verwagting om te kan studeer onder omstandighede wat eie aan ‘n ordentlike akademiese instelling is, asook die verwagting dat ‘n owerheid in beheer van so ‘n instelling omstandighede moet skep om dit moontlik te maak, word respekvol op die volgende aangedring:

7.1 Dat u as premier sal ingryp om die situasie op Elsenburg op ‘n behoorlike voet te plaas;

7.2 Dat die bestuur op Elsenburg ‘n neutrale standpunt sal inneem en volhou;

7.3 Dat die bestuur deurlopende en behoorlike kommunikasie met die studente oor die ondersoek en oorweging van die taalbeleid sal instel en volhou; en

7.4 Dat die bestuur gedwing word om hierdie onredelike optrede van sekere studente, wat die uitwerking het dat daar tans nie onderrig aangebied word nie aan te spreek, en wel deur die volgende:

7.4.1 Onmiddellike stappe ter voorkoming van soortgelyke optrede; en

7.4.2 Die instelling van dissiplinêre aksie teen die belhamels wie se gedrag op geen wyse regverdig kan word nie.

8. Mevrou, ons het tans geen ander keuse as om ons op u te beroep nie, en ons vertrou dat u begrip sal hê vir ons bekommernis en beswaar.

Baie dankie en groete.

Van bekommerde en ontevrede ouers en studente.

ENDS

Statement issued by Henk Maree, National Chairman: AfriForum Youth, August 31 2015