PERSVERKLARING - KOMMANDOKORPS
Na aanleiding van die voorblad berig in Vrydag (24/02/12) in die koerant, The Mail & Guardian (see here) en gister se Sondag koerant, Rapport, rondom die Kadetkampe wat die Kommandokorps aanbied, die volgende:
Die Opperraad van die Kommandokorps betreur dit dat die DA dit nodig vind om die Kommandokorps by die menseregte kommissie aan te kla, aangesien;
1. Alle opleiding wat die Kommandokorps gee met die polisie en die weermag uitgeklaar is. Geen fout kon met die opleiding gekry word nie (Die KK is in besit van die brief).
2. Geen uitsprake van haatspraak is ooit gemaak nie. Kadette word net geleer om hul eie, taal, kultuur, tradisies, godsdiens en ras lief te hê. Dit is binne die grondwet. Alhoewel kulturele verskille benadruk word tydens opleiding, geskied dit met die doel dat hierdie verkille oor die breë spektrum verstaan word en die kadette pertinent op ons nuutste video ontmoedig word om ander rasse te haat.
3. Die DA het selde indien ooit plaasmoorde in die openbaar veroordeel.