POLITICS

Support for the FF Plus on the up - Pieter Mulder

At manifesto launch leader says party will be contesting 3 000 wards in local govt elections

FF Plus successfully leaps out of the starting blocks for municipal elections

18 June 2016

The attendance at the launch of the FF Plus’s election manifesto was indicative of the party’s growing support amongst all minority communities in South Africa, Dr. Pieter Mulder, leader of the FF Plus, said.

He said this growing trend is being confirmed by the fact that the party’s membership has since 2014 increased by 20%.

Dr. Mulder had in his address to a full audience in the Encore Theatre in Hatfield, Pretoria, emphasized the ANC’s total failure on local government level. He said this is proven by the latest report of the Auditor General (AG) which states that 92% of all municipalities in the country are bankrupt.

According to Dr. Mulder, the FF Plus will have more candidates in the elections than in any other election to date and the party will be participating in approximately 3 000 wards throughout the country.

He said the party is also proud that women and the youth have been placed high on the proportional lists and that women and persons younger than 35 in many instances are the mayoral candidates in their municipalities.

“The FF Plus, following its official release of its candidate lists after 1 July, will reveal a large number of current councillors from other parties which will now be candidates for the FF Plus. The majority of those, have previously been DA candidates.

“The FF Plus re-worded its mission in 2013 and introduced the expansion and protection of minorities in South Africa.

“What we have seen here today, is proof that the FF Plus is serious about it. And to take this exciting new stream ahead, the FF Plus is well equipped with a leadership that boasts with more political experience than any other party in South Africa.

“The seven members of the party’s executive management together have 126 years of experience in parliament. Our parliamentary team is also the highest qualified team with three doctorates and an advocate,” Dr. Mulder said.

Dr. Mulder’s full speech follows below:

VF Plus Manifesbekendstelling/FF Plus Manifesto 2014, Pretoria

Dr. Pieter Mulder, VF Plus leier

Chairperson, Ladies and Gentlemen,

This year the ANC is governing South Africa and most local governments for 22 years. The question is: Are the problems after 22 years fewer or more? Are we better off or worse?

The ANC says they have a good story to tell. The Freedom Front Plus says it is a sad story.

According to the Auditor General’s latest audit report on local government, 92% of South Africa’s 278 municipalities spend more than they have annually. This translates to 92% of our municipalities being bankrupt 

Further more, the Auditor General is of opinion that one quarter of municipalities are on the brink of total collapse due to their financial situation.

The ANC says: “A better life for all.” 

According to the Auditor General tenders to the value of R1.2 billion were irregularly awarded to councillors and their families during the last financial year.

If I may add Nkandla then “A better life for all” actually means a better life for number one and his ANC friends. 

Is that why we have had for the last ten years on average 11 protest marches daily?

I do not think that there is any other country in the world where so many ordinary and violent service delivery protests take place.

Luckily, for the moment we do not have load shedding anymore. But I am afraid that this does not mean that there will not be many cities and towns which will in the near future periodically be without electricity.

Municipalities currently owe Eskom more than R9 billion and they owe water boards more than R4 billion. If these accounts are not settled, we can expect to have municipal load shedding with regards to electricity and water.

Beurtkrag en beurt water.

The poor economic outlook is not limited to municipalities. It also looks bleak for the other levels of government. In the first quarter of 2016 the South African economy declined by 1.2%. We are thus heading in the wrong direction regarding the economy and economic growth.

Kom ons kyk na moord en geweld in Suid-Afrika.

Die wêreld gemiddelde moordsyfer is 7 uit elke 100 000 mense word vermoor.

In die Skandinawiese lande is die moordsyfer 2 uit elke 100 000.

In Amerika is dit 4 uit elke 100 000.

In Suid-Afrika is die moordsyfer 32 uit elke 100 000.

As ek plaasmoorde neem, boere en werkers op plase, is die syfer volgens dr. Johan Burger se Instituut vir Sekerheidstudies meer as 120 uit 100 000. Meer as die polisie wat gemiddeld 54 uit 100 000 is.

Van die 278 munisipaliteite in Suid-Afrika het net 54 of 19% ’n skoon oudit ontvang.

En so kan ek aangaan.

What a sad story.

Die vraag is: Wat gaan ons maak?

So kan dit nie aangaan nie. Alles wat oor jare opgebou is, gaan verlore.

Mense reageer verskillend op al die krisisse in die land. Sommige emigreer. Ander onttrek hulle. Hulle sê: “Ek is klaar met die politiek, nou kyk ek net na myself en sorg vir my eie ekonomiese oorlewing.”

Wat sê die Vryheidsfront Plus?

Die Vryheidsfront Plus sê: “Ons het net so ’n belang en ’n reg in hierdie land as elke ander Suid-Afrikaner. Ons sal ons nie laat uitskuif nie.”

’n Verdere feit is dat as die Suid-Afrikaanse skip sink, sink ons almal saam. Dit raak ons en ons kinders se toekoms ook. Daarom is ons nie bereid om te gaan lê nie. Ons het ook regte. Ons staan op vir ons regte.

Die VF Plus neem aan die verkiesing deel onder die tema, “Die toekoms is in jou hande – veg vir jou regte”.

Hierdie boodskappe sal jy op ons plakkate kry.

“Veg vir jou regte.” In ander woorde: Staan hierdie verkiesing op -- om getel te word.

Maar dan moet elkeen wat kan, gaan stem. As jy nie gaan stem nie – moet jy nie weer by my kom kla oor die regering of oor jou probleme met die munisipaliteit nie.

Hoekom is dit belangrik vir elkeen om te gaan stem? Omdat as jy as opposisiekieser nie stem nie, jy die ANC bevoordeel.

Wat gaan jy maak? Gaan jy verg vir jou regte? Gaan jy opstaan, of gaan jy lê? Gaan jy stem of gaan jy oorgee?

’n Jong ma sê aan my: “Al die baie politieke partye maak my deurmekaar. Vir wie moet ek stem?”

Ek sê: Stem vir die party wie se beleid en waardes die naaste is aan dit wat jy glo.

Luister en kyk na hierdie uitsending en oordeel vir jouself.

Hier is die VF Plus se manifes. Dit sal op die internet beskikbaar wees. Toets jouself. Met hoeveel van ons voorstelle stem jy saam? Hoe verskil jou uitgangspunte en waardes van ons s’n? As dit oorwegend dieselfde is – moet jy VF Plus stem

Neem swak dienslewering. Ons is moeg vir slaggate in die paaie, riool in strate, ligte wat nie brand nie, vullis wat ophoop.

Hoekom is dienslewering so swak?

Omdat mense in munisipaliteite aangestel word op grond van alles behalwe meriete.

By meeste munisipaliteite het dit tot ʼn groot verlies aan kundigheid gelei.

Wat sê die Ouditeur generaal: Byna 42% van amptenare in die finansies departemente van munisipaliteite is nie voldoende gekwalifiseer nie.

Nou verstaan ons waarom 92% munisipaliteite tegnies bankrot is. Waarom net 19% munisipaliteite skoon oudits gekry het.

Hoekom is hierdie finansiële amptenare nie gekwalifiseer nie?

Omdat bekwaamheid en meriete nie gebruik is om hulle aan te stel nie.

Met regstellende aksie as argument is vriende en familielede en slegs ANC lede aangestel.

When the ANC talks about cadre deployment, what does it mean? It means making loyalty to the party a key criterion for appointment to offices of state in national, provincial or local government.

Hierdie aanstellings en kaderontplooiing het tot erge finansiële wanbestuur gelei.

Die ouditeur generaal bevind dat 13% van munisipale bestuurders nie oor die nodige vaardighede en kwalifikasies beskik om hulle werk te kan doen nie. Hulle is die hoofde van munisipaliteite, hulle is in hierdie uiters senior poste aangestel -- maar beskik nie oor die kwalifikasies of vaardighede om hulle werk te doen nie.

Daar is ook geweldig baie belangrike poste wat vakant is. Sowat 19% van senior bestuursposte in munisipaliteite is vakant.[1]

Ek het ’n brief ontvang van ’n Indiërdame wat aansoek vir ’n belangrike pos by ʼn metroraad gedoen het. Sy sou ʼn groot verskil aan hulle finansiële situasie kon maak. Sy was ook die beste kandidaat -- maar is nie aangestel nie.

Hoekom nie?

Indiërs is slegs 2% van die bevolking. Omdat daar net tien poste op daardie vlak is, is Indiërs volgens ANC-teikens slegs geregtig op ’n ‘kwart’ pos en kwalifiseer sy nie.

Hoe gek.

Kyk na Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap waar swartmense op ’n kunsmatige manier van die noordelike provinsies af ingevoer moet word om Bruin bewaarders te vervang sodat die nasionale bevolkingskwota van 80% swart en 9% bruin ook in die Wes-Kaap kan geld.

Hoe gek.

Daarom glo die VF Plus dat twee en twintig jaar na 1994 dit tyd is om regstellende aksie af te skaf.

Hoekom? Omdat regstellende aksie op die oomblik nuwe onregte skep en die hoofoorsaak is van swak dienslewering in munisipaliteite.

Die VF Plus is tans die enigste party in die parlement met ’n standpunt teen regstellende aksie en dat dit afgeskaf moet word.

As jy reken regstellende aksie moet afgeskaf word, dan stem jy vir die VF Plus. As jy dink dit moet steeds voortgaan, stem jy vir een van die ander partye.

Wat sê ons manifes p.7.

Regstellende aksie kan nie vir altyd aanhou nie. Die VF Plus sal hom derhalwe beywer om bevoegde en gekwalifiseerde amptenare op meriete in diens te neem en in diens te hou.”

According to water expert dr. Anthony Turton 37% of the water supplied by municipalities is either lost to leakages or is never billed or paid for. In some of the worst performing municipalities, distribution losses are estimated to be close on 50%. That means 50% of the water lost to leakages and bad infrastructure. These losses cost municipalities around R11 billion a year.

And the reason?

According to the South African Institute of Civil Engineers (SAICE) the reason for this crisis lies in a crippling loss of engineering skills at municipal level.

The majority of municipalities do not have enough or any qualified engineers. Why not?

Again because of Affirmative action. Affirmative action, which has deprived these municipalities of both skills and institutional memory.

Wat gebeur by baie munisipaliteite as daar nie ʼn regstellende aksie kandidaat is om ʼn pos te vul wat skaars vaardighede soos ʼn gekwalifiseerde ingenieur vereis nie? Dan word die pos eenvoudig oop gelos en nie gevul nie.

Landswyd is tot 43 000 poste in waterbestuursdirektorate van munisipaliteite tans vakant.

Is jy dan verbaas dat 50% water lek omdat pype en krane nie instand gehou word nie?

Is jy dan verbaas dat in baie dorpe riool in die strate afloop?

Dit terwyl daar talle wit, bruin en Indiër kandidate is wat die nodige kwalifikasies het maar nie aan ANC kwota vereistes voldoen nie.

Wat sê die VF Plus manifes p.7.

“Die VF Plus eis ʼn moratorium op regstellende aksie vir skaars vaardighede en waar ʼn pos vir langer as 90 dae nie gevul word nie.”

As die pos na 90 dae nog nie gevul is nie, vergeet van regstellende aksie en kwotas en stel die beste persoon aan ongeag kleur.

Omdat partye soos die ANC, die DA en die EFF regstellende aksie steun, soek hulle die probleme op allerhande ander plekke. Die VF Plus is die enigste party wat nie bang is om die probleem by munisipaliteite op die naam te noem nie.

In die parlement het ek ernstig met president Zuma verskil oor die feit of regstellende aksie na 22 jaar steeds voortgesit moet word.

Die president het gevra ek moet liewer nie ’n nuwe debat oor regstellende aksie begin nie. Die ANC glo dat regstellende aksie verskerp moet word.

Nou sê ek hier vir u en vir die president. Ek sal dit nie los nie. Die VF Plus sal dit nie los nie.

Regstellende aksie skep op die oomblik nuwe onregte. As die ANC en ander politieke partye nie bereid is om dit aan te spreek nie, sal dienslewering by munisipaliteite nooit reg kom nie.

ʼn Verdere rede vir swak dienslewering is die ANC se beleid van sentralisasie op plaaslike vlak.

Wat kan ons by ander lande leer om dienslewering te verbeter?

Die wêreldtendens is dat besluite so naby as moontlik aan die gemeenskap wat daardeur geraak word, geneem moet word. Dat munisipale dienste so naby as moontlik moet wees aan die mense wat dit moet bedien.

Anders gestel: Hoe groter ʼn munisipaliteit is, hoe swakker word dienslewering.

In kleiner munisipaliteite is dit makliker om die slaggat in jou pad en die straatlig wat nie brand nie, reg te maak.

Switserland is ʼn goeie voorbeeld van die sukses hiervan. Switserland het ongeveer 8 miljoen inwoners en is wat oppervlakte betref kleiner as die Vrystaat.

Die Vrystaat het 19 munisipaliteite. Switserland het 2740 munisipale rade wat sy 8 miljoen inwoners bedien.

Suid-Afrika het 54 miljoen inwoners. Waar Switserland 2740 munisipale rade vir 8 miljoen mense het, het Suid-Afrika net 280 munisipaliteite vir 54 miljoen mense.

Die afgelope vyf jaar is verskillende munisipaliteite nog verder saamgevoeg. Daardeur het die ANC regering die hoeveelheid munisipaliteite met ʼn verdere 50 verminder na 213 munisipaliteit.

Ons kry al groter munisipaliteite – Switserland al kleiner munisipaliteite.

Ons sʼn al groter en lomper; die administrasie al swakker.

In sommige plattelandse gebiede is tot vyf dorpe saamgevoeg om een munisipaliteit te vorm. Van hierdie dorpe is tot 160km vanaf mekaar. As die magsentrum in een dorp is, hoe verseker jy goeie dienste in die ander vyf dorpe?

Op Reitz in die Vrystaat is byvoorbeeld nie enige munisipale kantore nie. As jy probleme met jou munisipale rekening het, moet jy die 160km na Parys toe ry waar die magsentrum van die munisipaliteit is.

Wat sê die VF Plus? Ons sê: Die beginsel van regering so naby as moontlik aan die gemeenskappe self, moet bevorder word

Manifes p.8. “Die VF Plus sal hom beywer vir die afwenteling en desentralisering van mag.”

Die ANC stelsel van megastede en plaaslike munisipaliteite wat uit verskeie dorpe bestaan ver van mekaar -- werk nie.

Plaaslike regering moet sekerlik klein en plaaslik wees.

As jy daarmee saamstem, dan stem jy vir die VF Plus. As jy daarvan verskil, dan stem jy vir die ANC of vir van die ander opposisiepartye wat sentralisasie en groter munisipaliteite voorstaan.

Punt drie in die manifes handel oor Diversiteit.

Die VF Plus sien diversiteit as 'n bate vir Suid-Afrika. Dit is al ons tale en kulture. Diversiteit moet daarom op alle vlakke van regering erken en gekoester word. Dit sluit in respek vir alle gemeenskappe se tale, hulle simbole en historiese plek en straatname.

In the Arts and Culture debate in parliament three weeks ago I said to the Minister that the University of KwaZulu-Natal and, in particular, Prof. Thabisile Buthelezi have done more to elevate the status of our indigenous languages than the entire Department of Arts and Culture with all its personnel and resources.

How? One of Prof. Buthelezi’s students, Dr. Zinhle Nkosi, received her PhD-degree with her dissertation written in isiZulu. Currently, there are 15 students in the School of Education who completed or are completing their masters degrees in isiZulu.

Doing your doctorate or masters study in isiZulu elevates the status and advances the use of isiZulu as the constitution requires.

South Africa’s government is still struggling to find the right recipe for nation building. One finds mainly two models: One is the American melting-pot model where only one English-speaking nation is built while the languages and cultures of all others are deliberately destroyed.

The second model is one in which diversity is recognised, and everyone feels at home. Examples of this can be found in countries such as Spain, Belgium and in the Ethiopian constitution. This is what our constitution prescribes/requires.

Na die Anglo-Boereoorlog wou Alfred Milner alles en almal verengels. In Suid-Afrika vandag hoor ek nuwe Alfred Milner stemme, swart en wit.

Hierdie stemme is bang om die kulturele- en taalverskeidenheid van Suid-Afrika te erken. Hulle is bang om te erken dat dit geakkommodeer moet word -- terwyl hulle die oorweldigende internasionale getuienis ten gunste van akkommodasie ignoreer.

Hulle glo dat die enigste metode om versoening en ’n nuwe lojaliteit teenoor Suid Afrika te verkry, is om hierdie verskille te onderdruk en net Engels te bevorder. Vir die meerderheid Afrikaanssprekendes en vir baie ander Suid-Afrikaners met hulle eie inheemse tale, is dit nie aanvaarbaar nie en veroorsaak dit tans weerstand.

Daarom is die erkenning en ontwikkeling van al Suid-Afrika se tale belangrik;

Dit is baie belangrik dat ons kinders Engels leer want dit gee aan hulle toegang tot die internasionale wêreld. Maar ons verwerp die huidige kruipende Engelse taalimperialisme in Suid-Afrika.

Ons sien dit veral met die reuse aanslag op Afrikaanse Universiteite. Van die 36 universiteitskampusse in Suid-Afrika is slegs een nog oorwegend Afrikaans. Dit is Noordwes Universiteit. Oorwegend Afrikaans beteken dat die meeste kursusse daar nog van die begin tot die einde in Afrikaans voltooi kan word. By die Universiteite van Pretoria, Vrystaat en Stellenbosch is die druk oorweldigend om alles in Afrikaans af te skaf.

Is een oorwegend Afrikaanse kampusse en drie kampusse waar sekere kursusse nog in Afrikaans aangebied word, te veel gevra? Die ergste vir my is dat ons nie net teen die ANC hieroor baklei nie maar ook teen Afrikaansprekende rektore en professore.

In hierdie opsig stem ek saam met Flip Buys, Uitvoerende hoof van Solidariteit as hy skryf.

“Die uitgerekte 'kulturele sterwensbegeleiding' van ou Afrikaanse instellings soos universiteite is regtig emosioneel uitputtend. Dis veral so (omdat) dit 'kulturele moord of selfdood' is. Die sout in die wonde is dat die moordenaars meestal die (Afrikaanse) 'Rektore en doktore' self is. Hul rede: die universiteit moet selfmoord pleeg om te keer dat hulle vermoor word- deur minister Blade Nzimande of die radikale studente.”

“Die hartseer word vererger deurdat hulle bly lieg dat Afrikaans 'altyd 'n plekkie sal hê'”

Dit terwyl ons weet uit die voorbeelde van die voormalige Afrikaanse Universiteit van Wes-Kaap en Universiteit van Johannesburg dat dit nie waar is dat Afrikaans op daardie wyse “altyd ʼn plekkie sal hê^ nie”.

Daarom sê die VF Plus in sy manifes p.8.

“Die VF Plus is verbind tot die beginsel van veeltaligheid, soos verskans in die Grondwet, en sal veral vir Afrikaans intree.”

Ons glo dat die oorlewing van Afrikaans teenoor Engels die pad open vir die oorlewing van al die ander inheemse tale.

Ek is ʼn Afrikaner en Afrikaanssprekend en trots daarop. Dit beteken nie dat ek nie besef dat ek dit wat ek vir myself opeis aan elke ander een wat dieselfde eis moet gun nie.

Afrikaanssprekendes is moderne mense. Afrikaanssprekendes gaan in 2016 hulle nie ophou of laat betrek by enige oplossing wat nie die toets van billikheid, regverdigheid, grondwetlikheid en nie-rassigheid kan deurstaan nie. Maar -- so ’n oplossing moet ook erkenning aan die waarhede van Suid-Afrika gee.

Wat is hierdie waarhede van Suid-Afrika?

Die waarheid is dat ons ’n baie diverse land is met verskillende tale, kulture, godsdienste en geskiedenisbeskouings.

Suid-Afrika bestaan uit meer as 50 miljoen individue maar ook uit baie gemeenskappe, minderhede en volke wat deur die verloop van die geskiedenis saam in Suider-Afrika geëindig het.

Maar minderhede in Suid-Afrika begin elke dag meer besef dat niemand hulle saak gaan bevorder as hulle dit nie self doen nie. Hulle besef ook dat hulle dit beter kan doen saam met ander minderhede.

Daarom is ek dankbaar dat ons van die Khoi-San leiers vandag hier kan welkom heet.

Ek sê ook dankie vir me Moira Daya Uitvoerende Direkteur: First Nation Indigenous People en vir Colin Papier, president van die Tshwane Koi en San raad vir sy vriendelike woorde vanoggend.

Hulle veg vir selfbeskikking en vir eerste nasie status.

Ons help mekaar waar ons kan met gesprekke met die regering. Ek is bly dat hulle aan ons minderheidskonferensie kon deelneem en dat ons so vir hulle ’n geleentheid kon skep om hulle saak in die parlement en voor die wêreld te stel.

My voorspelling is dat die ANC eendag gaan verloor teen ’n koalisie van minderhede. Dit is waaraan ons tans bou.

Pastoor Errol Jacobs van Eldoradopark sluit hierby aan as hy in ʼn onderhoud met die dagblad Beeld (13 Mei vanjaar) sê:

“Die VF+ is die enigste huis vir die minderheidsgroepe. Die VF+ is die enigste party wat ’n stem gee vir die San en die Khoi.

“Elke keer as dit verkiesingstyd is, dan kom hulle (politieke partye soos die DA en die ANC) uit hul neste soos kokkerotte. Dán wil hulle ons stemme hê.”

“Ons mense is moeg, ons is eintlik gatvol, vir al die pro­mises.

“Ons voel al soos ’n rot wat gif geëet het. Ons swel nou op van al die beloftes.

“Een van die groot probleme benewens die werkloosheid- en dwelmprobleem is dat die mense in Eldoradopark gemarginaliseerd voel omdat hulle bruin is.

Oor Afrikaans is hy duidelik: “Dis die taal wat ons praat. Moenie ons taal van ons af wegvat nie.”

“Ons kinders moet in Engels skoolgaan, swart ekonomiese bemagtiging bevoordeel ons nie en daar word nie huise in Eldoradopark gebou nie, maar die naburige Freedom Park word ontwikkel.

Wat sê die VF Plus hieroor in ons manifes p.8.

“Die VF Plus spits hom toenemend toe om behuising te verskaf vir arm Afrikaners en ander minderhede wat uitgesluit word deur die ANC se rasse-program.”

“Die VF Plus sal hom in die besonder beywer vir instandhouding van tehuise vir bejaardes en die uitbouing van die Afrikaner en ander minderheidsgemeenskappe se kultuurskatte soos museums, en monumente. “

Die VF Plus het ʼn agt-punt plan vir munisipaliteite wat ons volledig in hierdie manifes bespreek. Ek het tot nou net enkele van die punte bespreek maar vanweë die tyd gaan ek nie al agt punte kan bespreek nie.

Ek noem net enkele van die ander punte:

(Belasting)

Punt vier gaan oor die hef van billike belastings en dat onbillike verhogings gestaak moet word.

Die VF Plus glo dat dit uiters onregverdig is om pligsgetroue belastingbetalers ekstra te laat betaal. Hulle moet meer betaal om op te maak vir die groot getalle mense wat geen belasting betaal nie.

Ons glo ook dat dit net reg is dat ʼn billike deel van jou belasting terugploeg word in die gebied waar jy woon. Tans gebeur dit nie.

(Werkskepping.)

Punt vyf in die manifes behandel die belangrikheid om werk te skep.

Die VF Plus glo dat geen regering of munisipaliteit volhoubaar werk kan skep nie. Regeringsprojekte wat poog om werk te skep, soos Uitgebreide Openbare Werke Programme (EPWP) skep slegs tydelike werke.

Munisipaliteite se fokus moet eerder wees om met goeie infrastruktuur ʼn gunstige omgewing vir die privaat-sektor te skep waarna hulle die werksgeleenthede sal skep.

(Godsdiens.)

Godsdiens moet nie polities goedkoop gemaak word nie, maar dit is belangrik dat kiesers weet watter uitgangspunte as riglyne vir ʼn party dien. Punt ses in die manifes stel dit dat die VF Plus morele waardes bevorder in ooreenstemming met die Christelike waardestelsel.

Dit beteken ons veg vir: Geregtigheid; Vir Waarheid; Vir Naasteliefde; Vir Respek vir lewe; Vir Vreedsame naasbestaan.

Maar dit beteken ook dat ons veg teen: Morele verval; Aborsie op aanvraag; Teen nuwe vorme van rassisme en teen diskriminasie.

Die VF Plus is die enigste van die sewe grootste partye in die Parlement wat in ons grondwet God en God-Drie Enig erken.

As jy met die meerderheid van hierdie standpunte saam stem, behoort jy vir die VF Plus te stem.

(Koalisies.)

‘n Slim ou oom by die ouetehuis sê aan my: Hy dink om hierdie verkiesing strategies te stem.

Ek vra hom, wat is strategies stem?

Hy sê hy stem 100 persent saam met die VF Plus se beginsels en waardes en is baie dankbaar vir wat ons doen, maar dink om dan maar teen sy gewete in vir die grootste opposisieparty te stem om die ANC te wen.

“Want julle kan nie alleen die ANC wen nie,” volgens hom.

Dit is waar. Die VF Plus kan nie alleen die ANC wen nie. Maar so kan die IVP of UDM ook nie alleen die ANC wen nie

In die 2014 verkiesing het die DA as die grootste opposisieparty 22% van die stemme gekry. Die ANC het 62% gekry. Dit is ʼn lang pad van 22% na 50%.

Daarom gaan die DA ook nie alleen die ANC wen nie.

Maar al die opposisiepartye saam, kan die ANC wen.

Toe wil hy weet: Hoe werk dit? As sy strategiese stem nie gaan werk nie -- Is daar ʼn manier hoe hy vir die VF Plus kan stem en steeds die ANC wen? Is dit moontlik?

Natuurlik is dit moontlik. As jy voel die VF Plus se beleid en waardes is die naaste aan jou eie, dan moet jy VF Plus stem.

Om dan nog steeds die ANC te wen, lê die antwoord in koalisies waarvan daar baie meer na hierdie verkiesing gaan wees.

In 2006 se plaaslike verkiesing was daar minder as 10 plaaslike rade waar geen party ʼn meerderheid gehad het nie. Hier moes koalisies tussen partye gevorm word om te kan regeer.

In die vorige verkiesing (2011) was daar reeds 36 koalisieregerings.

Hierdie verkiesing (2016) gaan daar heelwat meer koalisieregerings wees. Dit is munisipaliteite waar die opposisiepartye saam meer stemme as die ANC het.

Hoe werk so ʼn koalisie?

Neem Kaapstad as voorbeeld: Met die plaaslike verkiesing in 2006 kon geen party meer as 50% in Kaapstad kry nie. ’n Koalisie is tussen die DA, VF Plus, ACDP en enkele ander partye gevorm. Saam het die koalisiepartye 51% gehad en het so geslaag om die ANC in opposisie te kry.

Deel van die koalisie-ooreenkoms tussen die DA, VF Plus en ACDP was dat die Speakerskap aan die VF Plus gegee is in ruil vir ondersteuning sodat mev Zille burgemeester kon word.

Waar die DA daarna besluite wou neem soos om eensydig slegs Afrikaanse straatname te verander, kon die VF Plus met ons veto dit verander na slegs name wat aanstoot gee.

Volgens sommige meningspeilings mag die ANC in hierdie verkiesing in ʼn metro soos Nelson Mandela (Port Elizabeth) minder as 50% kry.

Omdat baie ANC kiesers tans ongelukkig is, is dit moontlik.

Dan kan die ANC nou byvoorbeeld 48% in Port Elizabeth kry. Dit beteken egter nie dat die DA of die VF Plus 52% gaan kry nie. ʼn Koalisie tussen die DA, die VF Plus en dalk nog opposisiepartye gaan nodig wees om by 51% te kom, om so die ANC te wen.

Dit gaan moeiliker wees in Johannesburg en Pretoria waar die ANC in 2011 onderskeidelik 59% en 55% gekry. Tog is dit moontlik. As die VF Plus en ander opposisiepartye verantwoordelik saamwerk na die verkiesing en as alle VF Plus en opposisie-kiesers gaan stem, kan die ANC verslaan word.

Dit gaan ook gebeur in verskeie kleiner plaaslike rade. Onlangs nog in Potchefstroom het die VF Plus en die DA suksesvol saamgewerk in ʼn koalisie teen die ANC.

Wat is die voordele van so ʼn koalisie?

Koalisies maak dit moontlik dat kleiner partye na die verkiesing ʼn belangrike rol in sekere metro’s en rade gaan speel. Partye soos die DA gaan die VF Plus nodig hê om saam by 51% uit te kom. Die VF Plus is reg om na hierdie verkiesing in al hierdie koalisies saam met ander opposisiepartye te regeer en die ANC en EFF so te wen. “Saam is ons sterker”, sê ons plakkaat.

Wat is die risiko as jy strategies stem?

Die risiko van strategies stem is dat ’n groter party soos byvoorbeeld die DA jou stem gebruik om in die raad te kom maar daarna is daardie sake wat vir jou belangrik is, nie vir hulle ’n prioriteit nie omdat hulle nou optree in belang van ander teikengroep.

Interessant dat die bekende rubriekskrywer Leopoldt Scholtz in die Burger (21/2/2014) skryf dat dit “steeds moeiliker word om prinsipiële verskille tussen die DA en die ANC te vind. Al hoe meer, so lyk dit, word die DA ’n “ANC-lite”.

Onthou -- op stemdag 3 Augustus gaan jy meer as een stembrief kry. Die kiesstelsel laat toe dat jy vir die party van jou keuse kan stem sonder dat jou stem mors. Jou stem in die wyk en jou stem vir die partylys word bymekaar getel vir die proporsionele lys se uitslag.

Stem daarom op elke stembrief VF Plus.

Wat het ek die jong ma, wat aan my gevra het vir wie om te stem, geantwoord?

“Stem vir die party wie se beleid en waardes nie naaste aan jou eie is.”

As jy wil opstaan teen misdaad en korrupsie en as dit vir jou belangrik is dat daar nie in die toekoms teen jou en jou kinders gediskrimineer word nie, dan stem jy vir die VF Plus.

As jy beter dienslewering wil hê en glo dit kan net gebeur as regstellende aksie gestop word en kundige persone by plaaslike rade aangestel word, stem VF Plus.

As jy vir jou regte wil veg en glo minderhede het ook regte -- dan stem jy vir die VF Plus.

Die VF Plus het ’n lang rekord van suksesvolle politieke gevegte oor dorps- en straatname, oor plaasmoorde, oor veeltaligheid in Suid-Afrika en die behoud van almal se erfenis.

Die VF Plus beoog om koalisies te vorm met ander opposisie partye. So gaan die ANC in sekere metro’s en dorpe uit die kussings gelig word. Dit is die enigste manier om plaaslike rade te red en noodsaaklike veranderinge aan te bring.

Die VF Plus onderneem om hierdie waardes in so ’n koalisie van partye in te dra en daarvoor te veg.

’n Jong man stuur gister vir my ʼn e-pos.

Hy het oor die radio gehoor dat die VF Plus ʼn klagte by die Menseregtekommissie teen president Zuma ingedien het. Die klagte is oor Zuma se uitsprake oor Jan van Riebeeck waarmee Zuma eintlik gesê het dat alle oorloë, sterftes en stryd in Suid-Afrika aan die wittes alleen toegeskryf moet word. Die Menseregtekommissie het nou gereageer en president Zuma moet teen 4 Julie daarop antwoord.

Die jong man bedank die VF Plus dat ons dit gedoen het en so vir sy regte geveg het.

Hy eindig sy e-pos met: “Hierdie verkiesing gaan ek VF Plus stem -- want julle praat nie net nie, julle doen ook.”

Natuurlik hou ek daarvan.

Daar is nog baie sulke voorbeelde van wat die VF Plus doen waarvan baie mense nie weet nie. Kom ons hou ’n vasvra program oor ʼn paar van hierdie voorbeelde soos hulle op televisie maak. Tien vrae:

Vraag 1: Watter politieke party veg reeds die afgelope 10 jaar in die parlement vir die Transnetpensioenarisse wat verarm is deur net ’n 2% verhoging elke jaar te kry? Die VF Plus.

Die VF Plus het nou die geveg aan ’n onafhanklike regspan oorhandig wat dit verder voer. Hulle het reeds verskeie voorlopige oorwinnings in die hof behaal maar die finale hofsaak moet nog voorkom.

Vraag 2. Watter politieke party het ’n klagte by die Menseregtekommissie gelê oor die opswepende “Kill the Boer” slagspreuk wat sekere ANC leiers gebruik het -- en het daarin geslaag dat dit tot haatspraak verklaar is? Die VF Plus.

Vraag 3. Watter politieke party het ’n hofsaak teen die regering gemaak omdat Suid-Afrikaners in die buiteland nie mag stem nie. Die VF Plus.

Die regering het tot in die grondwethof geappelleer waar die VF Plus finaal gewen het sodat Suid-Afrikaners wat deur regstellende aksie en ander maatreëls na die buiteland gedryf is, nou in Nasionale verkiesings kan stem

Vraag 4. Watter politieke party het die Oilgate skandaal in die Parlement ontbloot -- wat daartoe gelei het dat die ANC miljoene rand moes terugbetaal? Die VF Plus.

Vraag 5. Watter party het in die Johannesburgse stadsraad voorgestel dat alle pensioenarisse van 70jaar en ouer wie se eiendomme minder as R2 miljoen werd is, 100% afslag ontvang op hulle grondbelasting. Die VF Plus.

Die voorstel is deur die raad aanvaar.

Vraag 6. Watter party was eerste met ’n petisie teen e-tol in Gauteng en is steeds besig om met elke moontlike metode die e-tol te beveg? Die VF Plus.

Vraag 7. Net een politieke party het nog ’n toekenning van die Pan Suid-Afrikaanse taalraad gekry. Die toekenning was vir die wyse waarop die party nie net Afrikaans nie, maar alle inheemse tale in Suid-Afrika bevorder het. Watter politieke party is dit? Die VF Plus

Vraag 8. Watter party se aansoek het geslaag om in Europa lid te word van UNPO - die Unrepresented Nations and People Organization? Die VF Plus.

UNPO is ʼn internasionale organisasie wat onderdrukte en onverteenwoordigende volke verteenwoordig. UNPO bestaan uit ongeveer 54 lede wat 200 miljoen mense wat lede van minderhede van oor die hele wêreld is, verteenwoordig.

Vraag 9. Watter party het reeds lede van die Europese parlement oor plaasmoorde toegespreek. Die party het ook daarin geslaag om by verskillende UNPO kongresse in Brussel en in Europa mosies aanvaar te kry waarin die plaasmoorde in Suid-Afrika en die druk op die Afrikaanse taal en kultuur eenparig deur al die lede van UNPO veroordeel is. Die VF Plus.

Vraag 10. Watter party het in Kaapstad in die parlement ’n suksesvolle konferensie met internasionale sprekers oor minderhede aangebied waar lede van die Khoi, San, Bruin belangegroep en die Afrikaner hulle saak kon stel. Die VF Plus.

As daar meer tyd was, kon ek nog lank hiermee voortgaan.

Ek dink die jong man wat die e-pos aan my gestuur het, is reg toe hy geskryf het: “Hierdie verkiesing gaan ek VF Plus stem -- want julle praat nie net nie, julle doen ook.”

Hoe kry ons dit reg in hierdie moeilike tye? Omdat ek gelukkig is om ’n kampioenspan parlementslede, Wetgewerlede en Stadsraadslede saam met my te hê.

As ek mag spog: Die VF Plus se parlementêre span is akademies die hoogsgekwalifiseerde span in die parlement met drie doktorsgrade en ʼn advokaat. So weet my VF span parlementslede byvoorbeeld dat Jan van Riebeeck nie saam met Christus 2000 jaar gelede na Suid-Afrika gekom het nie!

Die jeug speel ʼn belangrike rol in die VF Plus. Op 31 is mnr. Wouter Wessels die VF Plus se jeugleier maar ook een van die jongste verkose lede van ʼn provinsiale wetgewer in die land. Hy verteenwoordig die VF Plus in die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer.

In hierdie verkiesing neem die VF plus deel aan die verkiesing in nagenoeg 3000 wyke in al nege provinsies. Ons stel meer kandidate as in enige vorige verkiesing.

As ek na die kwalifikasies en ervaring van die VF Plus kandidate wat genomineer is kyk, is ek trots op 'n dinamiese, kundige, ervare en energieke span.

Vroue en jeug beklee op meeste proporsionele lyste hoë posisies. In talle gevalle is die VF Plus se burgemeesterkandidate vroue en/of jonger as 35. 

Wat die Metro’s betref is die VF Plus burgemeesterkandidaat vir Mangaung (Bloemfontein) dr. Elizabeth Snyman-van Deventer. In hierdie metro is daar drie vrouens in die top vyf op die VF Plus se proporsionele lys. Twee van hierdie kandidate is dertig jaar oud.

Die VF Plus het vroue burgemeesterkandidate in onder andere Mangaung (Bloemfontein), Emfuleni (Vereeniging-Vanderbijlpark), Mogale City (Krugersdorp), Mogalakwena (Potgietersrus), (Utrecht), Madibeng (Brits), Nama Khoi, Karoo Hoogland, Khai-Ma, Tsantsabane, Kgatlopele, Swellendam, Hibiscus Coast, en nog meer.

In Mogalakwena (Potgietersrus) is die VF Plus se top vier kandidate almal vrouens. Hierdie is slegs enkele voorbeelde.

Die VF Plus pas egter geen kwota-sisteem ten opsigte van die samestelling van sy lyste toe nie en hierdie kandidate is op meriete verkies.

Tans is die VF Plus die derde grootste party in die Tshwane metroraad na die ANC en die DA en ons verwag om vanjaar weer baie goed in Tshwane te vaar.

Hier sit ʼn hele paar VF Plus kandidate wat voorheen DA raadslede was. Met die amptelike bekendmaking op 1 Julie van al die VF Plus se kandidate gaan daar nog ʼn paar verrassings wees.

My voorspelling is dat die VF Plus baie goed gaan doen in hierdie verkiesing en baie mense gaan verras.

Hoekom sê ek so?

Omdat die VF Plus een van die enigste partye is wat sedert 1999 nog in elke nasionale verkiesing gegroei het. Gaan kyk gerus maar na die stemtotale.

Maar dit gaan van elkeen van u afhang. Daarom vra ek aan elkeen:

Staan saam met die VF Plus op, gaan stem om in hierdie verkiesing getel te word!

Staan op en gee aan ons ʼn geldelike donasie op ons webwerf om hierdie geveg te kan voortsit.

Staan saam met ons op en sê genoeg is genoeg ten opsigte van swak dienslewering en korrupsie.

Staan saam met ons op as ons sê ons is moeg vir die wyse waarop deur regstellende aksie teen ons en ons kinders onbillik gediskrimineer word!

Staan op en sê u stuur met hierdie verkiesing ʼn boodskap aan president Zuma dat hy moet gaan.

Staan op – Stem VF Plus en maak ons sterk om u belange in moontlike koalisies te kan verteenwoordig.

As jy dit gedoen het en ons het saam alles menslik gedoen om ’n beter bedeling vir ons en ons kinders in hierdie land te kry, dan bly die ongelooflike troos in die Bybel in Efesiërs 1 as God sê dat hy alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit want ons weet:

“Die Mens wik maar God beskik.”

Ek dank u.

Footnote:

[1] ‘2014/15 Oudit Uitkomste van Munisipaliteite’ Ouditeur-Generaal 2016

Issued by Dr. Pieter Mulder, FF Plus Leader, 18 June 2016