POLITICS

NWU council must reject the Leon Wessels report - AfriForum Youth

Henk Maree says report may contravene the Equality Act with unfair and discriminatory conclusions

AfriForum Youth demands that Wessels report be rejected

AfriForum Youth today instructed its legal team to send a letter to the Council of the North-West University, requesting the Council to reject the Wessels Report in its current format and to refuse to submit the report to the Minister of Higher Education. AfriForum Youth took the step after it became clear from information circulating in the media that the report does not comply with the stipulations of the Equality Act, coming to unfair, discriminatory and stereotyping conclusions.

"The report clearly discriminates against all Afrikaners and may even constitute hate speech.  In the letter we request Council to disregard the report. Should this request be denied, we will look into the possibility to hold Council accountable in terms of the Equality Act," said Henk Maree, National Chair of AfriForum Youth.

Sections 10 and 12 of the Equality Act determine that nobody may publish information which may reasonably be interpreted as 

Insulting or detrimental;

Promoting hatred against any specific group; or

Has the intention to unfairly discriminate against a group of persons on the grounds of their race or language.

From information disseminated by the media, is has become clear that the report discriminates against whites in general and Afrikaners in particular by referring to them as the "root of the problem" at the Potchefstroom campus of the NWU.

"The Council of the NWU will meet on Thursday 19 June, and it will become clear from the answers given by Council and the response of the Minister whether our request has been heeded," Maree concluded.

Text of the letter from Hurter Spies Attorneys on behalf of AfriForum Youth to Council of the North West University, June 18 2014:

Hurter Spies Ingelyf  Reg. no. 2008/009761/21  Prokureurs Notarisse Transportbesorgers

Ons verw: Willie Spies

18 Junie 2014

Mnr PJ van der Walt  Die Voorsitter  Raad van die Noordwes Universiteit

Geagte Meneer van der Walt,

VERSLAG VAN TAAKSPAN: ONTGROENINGSPRAKTYKE IN SEKERE KOSHUISE

Ons tree hierin op namens AfriForum MSW, ‘n burgerregte-inisiatief wat georganiseerd is in plaaslike takstrukture regoor Suid-Afrika en met jeugstrukture op verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en in besonder op die Potchefstroom kampus van die Noordwes Universiteit.

Ons rig hierdie skrywe aan u in opdrag van ons kliënt. Ons kliënt het deur die media verneem dat die Raad van die Noordwes Universiteit op Donderdag 19 Junie 2014 ‘n verslag in behandeling gaan neem, welke verslag sekere bevindinge bevat wat na die oordeel van ons kliënt neerkom op onbillike diskriminasie soos gedefinieer in die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (hierna genoem "die Gelykheidswet").

Volgens die betrokke mediaberig bevat die verslag wat deur die Raad in oorweging geneem gaan word onder andere die volgende beweringe:

Dat koshuise by die Potchefstroom kampus "so wit" is dat dit lyk of 'n implisiete kwotastelsel daar geld om swart studente uit te hou.

Dat dié syfers dui op ‘n besluit om die status quo te handhaaf, naamlik om so ver as moontlik die tradisies en die ‘kultuur' van koshuise te beskerm.

Dat die hoofoorsaak vir die bestaan en voortbestaan van sekere ontgroeningspraktyke is dat koshuisinwoners uit sogenaamde Afrikanerskole kom waar ontgroening ook bedryf word.

Dat koshuisinwoners juis om daardie rede glo daar is nie eintlik veel fout met ontgroening is nie.

Dat die "radikale verwatering" van die beweerde hoë konsentrasie wit, Afrikaanse studente in van die koshuise by die Puk-kampus nagestreef moet word om die voorkoms van ontgroeningspraktyke te bestry.

Uit bogenoemde blyk dit dat die taakspan die volgende diskriminerende en stereotiperende bevindinge gemaak het -

Dat onregmatige ontgroeningspraktyke, Fascistiese optrede en boeliegedrag eie is aan wit mense in die algemeen en Afrikaners in besonder;

Dat sogenaamde Afrikanerskole die teelaarde is van ontgroeningspraktyke, Fascistiese optrede en boeliegedrag - en by implikasie dat Afrikaanse skole uitgesonder en geteiken moet word deur projekte wat daarop gemik is om ontgroening, Fascisme en boeliegedrag uit te roei; en

Dat wit mense in die algemeen en Afrikaners in besonder geteiken moet word met ‘n program van "radikale verwatering" van die beweerde hoë konsentrasie van wit studente in koshuise op die Potchefstroom kampus van die NWU.

U word in die verband verwys na die bepalings van veral Artikels 10 en 12 van die Gelykheidswet wat bepaal dat niemand inligting mag publiseer wat redelikerwys vertolk kan word dat dit -

krenkend of skadelik is;

haat teen enige spesifieke groepering bevorder; of

met die bedoeling geskied om onbillik te diskrimineer teen ‘n groep persone op grond van hulle ras of taal nie.

Ons doen aan die hand dat die betrokke verslag inderdaad krenkend en skadelik is, dat dit voorts haat teen wit mense in die algemeen en Afrikaners in besonder bevorder deurdat hulle as Fasciste en boelies gestereotipeer word.

Ons kliënt het rede om te glo dat die verslag in sy huidige vorm selfs meer blatante vorme van diskriminerende, stereotiperende en krenkende "bevindinge" aangaande persone wat wit en Afrikaanssprekend is bevat en dat daar goeie gronde bestaan om die uiteindelike publikasie, verspreiding en/of oorhandiging van die verslag aan die Minister van Hoër Onderwys by wyse van ‘n interdik te stop.

U word derhalwe versoek om nie die verslag in sy huidige vorm te aanvaar of na die Minister van Hoër Onderwys te verwys nie, aangesien sodanige verwysing van die verslag die Raad van die Universiteit mede-aanspreeklik sal maak vir die onregmatige optrede van die opstellers van die verslag.

Ons verneem graag dringend van u in die verband.

Die uwe

HURTER SPIES ING

PER: W D Spies

Statement issued by Henk Maree, National Chairperson: AfriForum Youth, June 18 2014

Click here to sign up to receive our free daily headline email newsletter