POLITICS

No hate speech at Kommandokorps camp - Kol Jooste

Group says DA quiet about farm murders, AfriForum should mind its own business (Afrik.)

PERSVERKLARING - KOMMANDOKORPS

Na aanleiding van die voorblad berig in Vrydag (24/02/12) in die koerant, The Mail & Guardian (see here) en gister se Sondag koerant, Rapport, rondom die Kadetkampe wat die Kommandokorps aanbied, die volgende:

Die Opperraad van die Kommandokorps betreur dit dat die DA dit nodig vind om die Kommandokorps by die menseregte kommissie aan te kla, aangesien;

1. Alle opleiding wat die Kommandokorps gee met die polisie en die weermag uitgeklaar is. Geen fout kon met die opleiding gekry word nie (Die KK is in besit van die brief).

2. Geen uitsprake van haatspraak is ooit gemaak nie. Kadette word net geleer om hul eie, taal, kultuur, tradisies, godsdiens en ras lief te hê. Dit is binne die grondwet. Alhoewel kulturele verskille benadruk word tydens opleiding, geskied dit met die doel dat hierdie verkille oor die breë spektrum verstaan word en die kadette  pertinent  op ons nuutste video ontmoedig word om ander rasse te haat.

3. Die DA het selde indien ooit plaasmoorde in die openbaar veroordeel.

4. Dit blyk dat die DA politieke punte wil wen onder swart kiesers.

Die Opperraad van die Kommandokorps betreur dit ook dat Afriforum die Kommandokorps kritiseer alvorens hy hom vergewis het van die ware feite, aangesien;

1. Geen vergrype en mishandeling op hierdie kampe plaasvind, soos wat Mnr. Kriel beweer nie. Die opleiding is op standaard met alle Infanterie opleiding regoor die hele wêreld. Dit blyk dat mnr. Kallie Kriel van Afriforum nie onderwerp was aan militêre opleiding nie.

2. Afriforum doen goeie werk om oortreders soos Malema en andere voor die hof te daag, maar was selde indien ooit aktief by die voorkoming van plaasmoorde/-aanvalle.

3. Afriforum moet hom bepaal by SY werk en die Kommandokorps sal hom bepaal by SY werk.

In die lig van bogenoemde gaan die Kommandokorps dringend aan die regering vra:

1. Wat is die doel van die opleiding van 8,000 lede van die ANC Jeugliga?

2. Waarmee word hul opgelei en

3. Wat word hul geleer?

Kol. Jooste

Uitvoerende direkteur

Statement issued by Kol Jooste, Kommandokorps managing director, February 27 2012

Click here to sign up to receive our free daily headline email newsletter