POLITICS

Oudtshoorn: AfriForum vs Ronnie Lottering

George Kersop lays charge of corruption, acting municipal manager responds

AfriForum lays charge against Oudtshoorn Municipal Manager

AfriForum laid a charge of corruption, fraud and financial mismanagement with the counter-corruption unit of the SAPS, the Hawks, against the acting Municipal Manager in Oudtshoorn, Mr Ronnie Lottering, various officials and members of the public.This came after members of the public submitted proof of alleged irregularities to AfriForum. 

"Residents are fed up with the way in which the ANC coalition is using various delay tactics to disrupt stability in the municipal management, and then use this instability to strip state coffers," said George Kersop, Chairperson of the AfriForum branch in Oudtshoorn.

Proof of questionable payments of more than R5 million was given to AfriForum, upon which an affidavit was submitted to the Hawks in Cape Town on 1 October 2013.  Various officials allegedly refused to authorise payments to companies who had been awarded contracts under questionable circumstances. Payments were allegedly made to companies who had never rendered any services. The most recent payment of R482 000 was made on 25 September 2013. 

"AfriForum appeals to councillors, municipal employees and residents to make information on corruption, fraud and mismanagement available, and we will do everything in our power to ensure that the guilty parties are brought to justice and reimburse taxpayers," Kersop said.

The Finance Director at National Treasury was requested to suspend all payments and send a team of auditors to investigate payments.  Mr Anton Bredell, Minister of Local Government Affairs, was also informed of the events. 

"We believe that we will be as successful as in Cederberg. Our information is that the same individuals who were involved in irregularities in Cederberg and Stellenbosch are also involved in Oudtshoorn," said Pieter Rautenbach, Head of Local Government Affairs at AfriForum.

Statement issued by George Kersop, Chairperson: Oudtshoorn AfriForum, October 2 2013

Reply by Ronnie Lottering:

AfriForum saak van ‘bedrog en korrupsie' ‘n verrassing

Die aankondiging van Afriforum dat hy ‘n saak van bedrog, korrupsie en finansiële wanbestuur teen my aanhangig gemaak het kom as ‘n verrassing omdat ek geen aanduiding van dié burgerregtegroep se beskuldigings gehad het nie - nadat beweringe van ongerymdhede tydens ‘n vergadering op 1 Maart vanjaar tussen die munisipaliteit, die nasionale tesourie en Afriforum geen gronde vir sulke aanklagte kon identifiseer nie.

Ek verwelkom enige en alle navrae oor die bestuur van die Munisipaliteit Oudtshoorn.

Korrupsie van enige aard en in alle omgewings moet verhoed word; en uitgeroei word waar dit bestaan.

Ek moedig die publiek ook aan om beweerde korrupsie en ongerymdhede onder die aandag van die tersaaklike gesagstrukture te bring.

In die teenswoordige saak wat Afriforum aanhangig gemaak het sal ek my volle samewerking gee.

Afriforum se Oudtshoorn-voorsitter, mnr George Kersop, sê in die verklaring dat die ANC-koalisie onstabiliteit veroorsaak met vertragingstegnieke, en dié onstabiliteit gebruik om die munisipaliteit se geldkoffers te stroop.

Kersop se feite is duidelik so skeef soos sy aantygings en verdien skaars die erkenning van ‘n reaksie. Ek onthou dat Kersop op 1 Maart verklaar het dat hy die DA-raadslede sou verteenwoordig. Hy is kennelik dronk aan die stookwyn van sy meesters.

Kersop wil ook geld verhaal van "die bedrieërs". Bid jou aan. Aanklaer, regter, én laksman; netjies uitgevat in ‘n goedkoop aandpak van vooroordeel.

Afriforum se hoof van plaaslike regeringsake, Pieter Rautenbach, beweer dat mense wat op Cederberg en Stellenbosch by "ongerymdhede" betrokke was, ook op Oudtshoorn by ongerymdhede betrokke is.

Ek wil spoedeisend verneem waar Afriforum aan sy inligting kom.

Die betaling van R482 797.13 op 25 September waaroor Afriforum ten hemele skreeu is allermins ongerymd. Ek het die ondersteunende dokumentasie persoonlik nagegaan en teenprestasie bevestig! Dat hierdie bepaalde betaling aandag trek is ‘n gruwelike aanklag teen Afriforum en die partye wat die plaaslike voorsitter kwansuis verteenwoordig.

Ek wil ook graag weet watter Afriforum-kundige betalings wat "R5 miljoen" beloop as "verdag" verklaar het.

My administrasie word gekenmerk deur robuuste beheermaatreels en ek kon vandag geen aanduiding van bedrog, korrupsie of finansiële wanbestuur kry nie.

Die spesiale konsultant van die waarnemende hoof finansiële beampte verteenwoordig ‘n laaste sterk skakel in die ketting van fiskale beheer in die munisipaliteit: Enige funksionaris kan op enige stadium van die betalingsregime ‘n skriftelike beswaar aanteken oor enige betaling - selfs al is dit deur senior beamptes goedgekeur. Ek kon nie ‘n enkele sodanige beswaar opspoor nie.

As enige funksionaris in die betalingsregime ongerymdheid oorsien sal daar onverbiddelik teen die persoon opgetree word.

Ek verneem graag van Afriforum hoe die beweerde R5 miljoen wat glo goedsmoeds vermors is opgemaak is; en wié betaal is sonder dat dienste of produkte gelewer is!

Ek het geen versoek om inligting te bekom ontvang nie en ek kan dus nie op Afriforum se data pyltrek nie - én ek wil weet hóé Afriforum die inligting bekom het.

Sou dié inligting nie spoedeisend aan my bekend gemaak word nie, sal ek stappe teen Afriforum oorweeg - ek sal nie toelaat dat my administrasie willens en wetens beswadder en ondermyn word nie.

Statement issued by Oudtshoorn Acting Municipal Manager, Ronnie Lottering, October 2 2013

Click here to sign up to receive our free daily headline email newsletter